Wednesday, August 19, 2009

Inwendige bestraling 2 Woensdag 19/08/09

“Wie weet, miskien is dit juis met die oog op ‘n tyd soos hierdie dat jy koningin geword het.” Ester 4:14. "Het jy al daaraan gedink dat God jou met ‘n spesifieke doel in jou teenswoordige situasie geplaas het? Moontlik is dinge vir jou op die oomblik oneindig moeilik en gespanne en sou jy liewer op enige ander plek wou gewees het as waar jy nóu is." (Ozrovech, S 2007, In die holte van God se hand, Pretoria: CUM.)

Hierdie dagstukkie se woorde wat ek en LeRoy onlangs saam gelees het, bly in my kop maal. Is dit so dat U hierdie kanker met ‘n spesifieke doel op my pad geplaas het, Heer? Wat het U verwag van my? Is hierdie ‘n toets, Heer? Wou U gehad het dat ek my Bybel meer moes lees, dat my gebedslewe langer, meer en inniger moes word, dat ek meer gereeld tot stille inkeer moes kom, U meer geloof het, meer geglo het en meer getuig het?

Want deur dit alles, was ek maar net ek. Met tye 'n bang ek, 'n swak ek, 'n twyfelende ek, 'n huilende ek, 'n eensame ek en 'n bekommerde ek. Liewe Heer, een van my bekommernisse is, dat indien hierdie 'n toets was, ek dit dalk nie geslaag het nie.

Vandag het 'n vrouedokter, dr. Kobie die plasing gedoen en dit was minder pynlik. Ek het haar na die tyd spesiaal gaan bedank en haar antwoord was: "Geen vrou wil graag daar lê nie..."

Môre is hierdie behandeling op 'n einde...ek sien SO uit daarna!

1 comment:

  1. Elsabe, Elsabe, Elsabe.....my pa is oorlede op die 9de Augstus 2009 en begrawe opdie 14de. Dit sou nou die afgelope Sondag die 16de sy 69ste verjaarsdag gewees het.Hy is skielik sonder waarskuwing aan n hartaanval oorlede. Ek is nou 45 jaar oud en dis die eerste persoon in ons familie en die naaste aan my wat sterf.Al my ma, broers , suster en vriende leef nog. My oumas en oupas is dood toe ek nog baie klein en jonk was.My pa was so reg soos n roer, hy was nie soos n ouman nie, hy kon alles doen wat ek nog doen.

    Maar om n storie kort te maak, ek is verpletter ek kan dit nie verwerk nie. Ek is gewoonlik n sterk mens.Maar ek huil my dood ek het eers vandag weer begin werk en dis baieeeee moeilik, my hart is so seer. En eergister surf ek deur Google en kom op jou blog af.En sien die seer oor jou pa, ma en jouself.Ek het my vinger op jou foto gehou en vir Jesus gevra om jou te dra en te troos en gesond te maak, waar op die aarde jy jou ookal bevind.

    Ek wil jou vra om hier te gaan comment, dis vier van ons mense oral in die RSA se blog met Pagoda as die webmeester.Hier is twee postings van my wat ek wil he jy moet lees en ietsie daar se, ek dink die Here het my so gelei om hier uit tekom.Hier is die links http://die-werf.co.za/?p=3530 en http://die-werf.co.za/?p=3575


    Ek is maar baie touchee en wispelturig so as jy van my ander postings daar lees, vat dit maar met n knippie sout.

    Ag mens dink jou situasie is erg, dan sien mens ander wat deur dieper waters is, maar ja ek huil my dood.

    Vrede ,voorspoed , Jesus se seen, gesondheid, rustigheid en hoop vir jou is my wense.

    Lekker dag.

    ReplyDelete