Thursday, August 20, 2009

Laaste inwendige bestraling Donderdag 20/08/09

Die klaar, dis klaar, dis klaar! Dankie, liewe Heer, dis verby!

My oorwegende emosie is een van oneindige dankbaarheid. Dankbaarheid dat ek nou kan begin herstel; dat die "pause" knoppie van my lewe nou weer kan "play"... Daar is 'n raps minder van my, ek is 'n raps broser, maar ek is ryker in liefde en die weelde van kosbare vriendskappe en blyke van omgee en liefde van mense wat my ken en sommige wat my nie goed ken nie.

EN... ek is nog ek! Of is ek? Hierdie blog was ook eerstens geskryf vir myself. Sodat ek NOOIT mag vergeet nie; altyd kan onthou. Hierdie pyn en hartseer moet my ook verander en my met meer deernis en empatie vir ander laat. Ek moet elke oggend wat ek gesond wakker word, elke sonstraal op my lyf, elke vreugde-oomblik, elke blykie van liefde, elke gawe wat ek ontvang met meer dankbaarheid koester en waardeer.

Mag elke een wat hierdie pad saam my geloop het ook hul seëninge tel, net meer liefhê en saam my loof : die Here is goed - loof Sy heilige Naam!

2 comments:

  1. Liewe Elsabe,
    Ons is saam met jou dankbaar dit is alles verby. Baie sterkte met die herstel proses. Sonder terugslae sal dit seker nie wees nie, but by the grace of God we go.
    Hoop dit is nie die laaste wat ons van jou gaan hoor nie. Hou ons asb op hoogte van verwikkelinge, positief sowel as negatief.
    Dit is 'n voorreg om die pad saam met jou te stap en ons het nou eerste handse kennis oor bestraling en wat dit behels. Jy is vir ons almal 'n inspirasie en jy put jou krag by die Grootste bron. Met Hom aan ons sy spring ons oor 'n muur en loop 'n bende storm. As dit 'n toets was glo ek het jy met vleende vaandels geslaag.
    Eilandgroete
    Ons

    ReplyDelete
  2. Ek haal my hoed af vir jou! Jou moed en deursettingsvermoë is ongelooflik. Ek glo saam met jou dat jy volkome gaan genees en een van die dae weer saam met jou man op allerhande avontuurlike uitstappies sal gaan!
    Hoop jy het 'n wonderlike naweek!
    Leonora

    ReplyDelete