Monday, June 22, 2009

Hoeveel weeg ‘n baarmoeder? Maandag 22/06/09

To get through the hardest journey we need take only one step at a time, but we must keep on stepping.
Chinese Proverb

Ek het nog gewig verloor. Onder normale omstandighede sou dit vir my (soos vir elke ander volbloed vrou wat ek ken!) goeie nuus wees, maar nou terwyl ek siek is, is dit nie vir my goeie nuus nie.

Dit laat my wonder hoeveel ‘n baarmoeder weeg….? Self met my maagoperasie het ek nie onder 49 kilogram gesak nie. En dit voel vir my of ek nou net sit en eet want ek is toegegooi onder sjokolades te kies en te keur (danksy julle!).

Een ding is verseker – hormoonterapie laat beslis my gewig toeneem met gemiddeld 3 kilogram. Die oomblik wat ek dit nie neem nie (soos nou), sak die skaal se wysertjie gemaklik links…

So, sou ‘n baarmoeder tussen 500 – 700 gram kon weeg? :-)

My afspraak met dr. Snyman is more tussen 17:00 en 18:00 en dan sal ons hoor wanneer die bestralingsessies gaan begin en wat dit alles gaan behels. Ek is besig om woes navorsing te doen en my vragies te beplan.

My seunskind is besig om vir my vrugteslaai te maak vir middagete – ‘n eerste…Sien uit daarna, Eugene! Mmm...dis heerlik!

1 comment:

  1. Hallo Elsabe,
    Ons vrouens is tussen die duiwel en die diep blou see. Drink ons nie die pille nie, moet ons mans meer gereeld koes. Drink ons hulle en ons moet meer uitwerk in die gym. Wat ons nie alles sal doen vir die liefde nie. Al wat ek vir jou kan se is geniet die sjokolade solank jy kan. Baie sterkte ook more by die Dr. Frikkie is op die oomblik iewers in die Rooisee naby Oman en Somalia besig om seerowers te stop. Sy vrou Jimme is deel van 'n selgroep hier in Portsmouth en hulle sal spesiaal vanaand vir jou en julle bid.
    Eilandgroete
    A+E

    ReplyDelete