Friday, June 5, 2009

Medies - Keyhealth - weier al weer Vrydag 5/06/09

Hilda Kriel, Una Mgwenya, Monica Hammes, Ujala Satgoor en ek die 23e April

Hier gaan ons al weer...Keyhealth mediese fonds het al weer my prosedure (vaginale histerektomie en laparoskopiese verwydering van my eierstokke) afgekeur. Die hospitaal het vanoggend navraag gedoen en sedertien is dit 'n heen en weer bellery en kom-ons-probeer-weer-vir-oulaas poging. (En vir die van julle wat wonder..., nee, hulle het NIE die onkostes vir my maagoperasie terugbetaal nie).
Dit lyk my die liewe Here wil maar net hê dat ek vanjaar oopgesny moet word.

En ek weet baie vertel dat hulle dit ook gehad het, maar die verskil is ek HOEF dit nie te gehad het nie! Ek KON minder pyn gehad het, vinniger herstel het en vroeër ontslaan gewees het. Dit is reeds die 5e keer dat ek narkose gaan kry sedert einde Januarie en die 4e keer dat ek gehospitaliseer word. Alles in my rebelleer teen Keyhealth - ek kan nie glo dat hulle nog so verstok is en geen nuwe sjirurgiese ingrepe wil oorweeg nie!

Ek groet dus vir eers met hierdie vrolike, lawwe foto van my en my kollegas tydens ons prettige Wêreldboekedagvieringe by die eertydse Groenkloof kampus waar ek vir baie jare gewerk het. Mag ek baie binnekort gesond wees vir nog baie stuitighede!

My skriba (LeRoy) sal my blog in stand hou totdat ek weer in die tuig kan klim. Dankie vir elkeen van julle wat aan my dink en my in jul gebede opdra.

Die Here is goed, Hy is 'n toevlug in tyd van nood, Hy sorg vir die wat by Hom skuil. Nahum 1:7.

2 comments:

  1. Ja - mens kan nie glo dat in die dag en dae die medies - Key Health - wat veronderstel is om een van die groter mediese fondse in die land te wees - steeds so verstok en argais is nie. Wanneer gaan hulle uit die steentydperk migreer na die 21ste eeu.

    Ergste van alles is mens kry nie direkte kontaknommers vir enige van die mense nie so - bel is ook uit - steeds steentydperk. Mens is aangewese op hul goodwil om jou te bel of nie, eposse te antw of nie.

    Meerendeels net 'n dawerende stilte wanneer mens jou medies nodig het. Tydelike Skriba LeRoy

    ReplyDelete
  2. Dit lyk asof die wereld die volle sirkel gegaan het. In die toekoms hou ons ons geld in 'n trommel onder die bed(hier vou die een bank na die ander) en sal ons terug gaan om die Dr met pampoene en hoenders te betaal. Baie sterkte, dit moet 'n groot frustrasie wees. Watter kant dit ook al val,Elsabe, ons weet jy is in goeie hande en ons sien nie die groot prentjie nie. Jy en julle is in ons gedagtes en gebede.
    Eilandgroete
    A+E

    ReplyDelete