Tuesday, July 28, 2009

Bestraling 16 om 11:30 Dinsdag 28/07/09

In helping others, we shall help ourselves, for whatever good we give out completes the circle and comes back to us. - Flora Edwards

Hierdie mooi woorde dra ek op aan al my wonderlike vriende in my lewe wat my elke dag so ondersteun en vertroos op elke denkbare manier! Mag die liefde wat julle op my uitstort honderdvoudig na jul elkeen terugkeer.

My liggaam se vuurherd is op die koffie…Ek is feitlik konstant koud en bibber en beef tussen die gloede deur! Ek lyk komieklik…sit met ‘n kombers oor die skoot en ‘n tweede een om my skouers en dan is die verwarmer ook nog aan in die studeerkamer. Ek gaan nêrens sonder Edith se koringsakkies nie en hardloop met tussenposes mikrogolf toe om hulle weer op te warm.

Môre sien ek weer vir dr. Robbie en sal my nuwe simptome met hom bespreek. Dalk kan ek ‘n roompie kry vir die plekkies wat so sensitief is. Ek voel baie moeg, maar ten spyte daarvan probeer ek om by die werk en tuis ‘n dag se werk in te pas.

Vandag se vashouvers: Die Here is my sterkte en my beskermer, op Hom het ek vertrou – Psalm 28:7.

1 comment:

  1. Liewe Elsabe,
    Ek bewonder jou dat jy nog probeer werk ook. As ek jy was het ek die elektriese kombers aangesit en daar gebly. Jy is in ons gebede en gedagtes elke dag. Baie sterkte.Ons is dankbaar dat jy het 'n goeie ondersteuningstelsel het. Gebruik dit.
    Eilandgroete
    A+E

    ReplyDelete