Thursday, July 30, 2009

Bestraling 18 om 11:30 Donderdag 30/07/09

Een kyk na my nuwe vriend by die hospital, en ek weet dit gaan nie goed met hom nie. Hy sê dat hy die vorige aand nie ‘n oog toegemaak het nie. Ons kyk met begrip na mekaar en sy vrou verwoord die gedagtes wat die afgelope tyd in my gemoed maal. Ons hoor so dikwels van mense wat kanker het en bestraling of chemoterapie moet ondergaan, maar ons het nie ‘n idéé waardeur hulle gaan nie…My nuwe vriend kyk na LeRoy (wat my vandag weer aangery het) en sê vir hom: “Jy moet baie goed wees vir haar, ons gaan deur hel!”

Emosioneel is ek beter vandag…my wipplank hang darem weer meer gebalanseerd... Vriend Pieter het ook my kop se ratte bietjie laat draai en ek het besluit dat ek nie die laaste twee weke van my bestraling werk toe gaan kom nie. Ek moet ‘n bietjie afskaal en fokus op my gesondheid. Dis maklik genoeg om epos te beantwoord en van die huis af wel ‘n bydrae te lewer. Die besluit stem my rustiger.

Twee handjievol bestralingsdae oor…net twee....dankie Here!

1 comment:

  1. Liewe Elsabe,
    Dankie vir vriend Pieter! Jou gesondheid is nou eerste preoriteit. Jy sal nog vir jare kan gaan werk as jy nou na jouself kyk. Vat tyd uit. Niemand sal jou kwalik neem nie. Sterkte!
    Eilandgroete
    Ons

    ReplyDelete