Wednesday, July 8, 2009

Bestraling 2 om 15:00 Woensdag 8/07/09

Ek is die uitsondering op die reël - ek is nie veronderstel om naar en siek te wees nie. Ek is vanmiddag na my tweede bestralingsessie dokter toe gestuur en hulle sal my nou fyn dophou. Maar ek is ongelukkig vanaand nie beter nie. Direk na die bestraling begin ek net progesssief slegter en slegter te voel. Ek word dus genoodsaak om medikasie te neem teen naarheid wat ek môre sal uitprobeer. Mag dit tog help!

My vashouvers: God sal jou beskerm waar jy ook gaan, nou en vir altyd. Psalm 121:8.

1 comment:

  1. Liewe Elsabe,
    Jammer om te hoor die bestraling is so swaar op jou gestel. Ons hoop dit is 'n teken dat die behandeling effektief is. Daar is goeie behandeling teen die newe effekte. Jy moet nou net die een kry wat vir jou werk. Op 'n ernstige, maar ligter noot, Adriaan se navorsing het bewys dat bietjie dagga goed is vir die newe effekte. Vra jou GP daaroor. Geniet julle naweek weg en kom uitgerus terug. Sal jy nou kans sien vir die weg gaan? Ons gaan more Wallis toe vir 'n week en sal jou blog mis. Sal op catch as ons terug kom. Baie sterkte en jy sal nog steeds in ons bebede en gedagtes wees.
    Eilandgroete
    A+E

    ReplyDelete