Wednesday, July 1, 2009

Bietjie beter Woensdag 1/07/09

We have thousands of opportunities every day to be grateful: for having good weather, to be able to sit in such a beautiful room on such comfortable furniture, to have slept well last night, to be able to get up, to be healthy, to have enough to eat. ... There's opportunity upon opportunity to be grateful; that's what life is.
Brother David Steindl-Rast

Die begin van die tweede helfte van die jaar... Ek was meer as die helfte van die eerste 6 maande van die jaar siek – dit kan net net beter gaan!

Ek voel bietjie beter vanoggend - die medikasie en die stomer het gehelp en ek is baie dankbaar daarvoor. Ek hoes net my longe uit en dit bemoeilik slaap.

Baie dankie vir almal se "Sterkte met die bestraling" wense en jammer dat ek so stil was. Ek het ons internet-tyd met al my tuisgebruik opgebruik en moes wag vir die nuwe maand. My eerste bestraling begin eers Dinsdag 7e Julie om 15:45.

Goeie vriend André het 'n week se tyddeel by Kiara Lodge vir ons aangebied en ek fokus nou op die lekkerte van dié naweek wat voorlê. Ongelukkig mag ek die bestralingsessies nie onderbreek nie en kan nie 'n week weggaan nie, maar my 4e sessie is Vrydag 10 Julie vroeg gedagboek sodat ons daarna rustig kan deurry en dalk eers by Clarens aandoen. Ons sal dan ook weer laat in Pretoria moet terug wees die Maandag - net betyds vir sessie 5.

Die seën van goeie vriende in 'n mens lewe is steeds 'n groot dankbaarheid! Ek weet ek sê dit so baie, maar aan die einde van die dag is dit tog al wat werklik van waarde is in die lewe. En vir almal van julle wat vandag hartseer is of bekommernisse het - ek bid nou weer vir julle, want ek het baie tyd!

'n Besonderse troosvers vir my en vir jou: ...wie op die Here vertrou, dié omvou Hy met sy liefde. (Psalm 32:10)

1 comment:

  1. Hallo Elsabe,
    Ons is bly jy is terug, het jou gemis die paar dae wat jy so stil was. Geniet jou blog. Dit is lekker om elke dag saam met jou te stap en so bly my ma ook op hoogte van sake. Ons harte is seer oor MJ. Ons het die voorreg gehad om sy broer Jermaine en sy suster Latoya beter te leer ken op ons Celebrity Big Brother. Hulle is sulke nederige en baie waardige mense. Ons het respek gekry vir die Jackson familie. Miskien kan jy vir hulle ook bid. Geniet die naweek weg. Ons bak uit hier op die Isle of Wight. Kla nie, maar weet nie meer hoe om die hitte te hanteer nie. Van die 10de Julie gaan ons saam met Adriaan se suster hulle in 'n camper Walles toer. Jy weet, ons en familie! Bid dat dit nie in trane eindig nie. Hoop die weer hou. Mooi dag vir jou!
    Eilandgroete
    A&E

    ReplyDelete