Wednesday, July 1, 2009

Griep Dinsdag 30/06/09

Siek, siek, siek... Dokter toe en terug met pille, pille, pille... Ek het griep. Slaap, slaap, slaap...

Een van die dag se hoogtepunte was dat LeRoy my die heel laaste keer ingespuit het, maar ek moet erken dat ek hartseer en tranerig daar gelê het, want ek is so moeg van siek en seer wees. My tweede hoogtepunt was die aandete (met groente) wat liewe Marié vir die twee siekes gebring het en die druiwe van Lynette en André. Baie, baie dankie…

Nie my beste dag nie…

1 comment:

  1. Moed hou en sterk wees!

    Ek bid vir jou en ek is so opgewonde dat ek van die huis af nou weer jou blog kan lees!!!
    Jy het anderdag gewonder of jy daarmee moet voortgaan ...

    Ek dink dit is ongelooflike inspirasie vir almal wat dit lees. Dit het my, sedert die begindae van jou siekte verlede jaar, weer na binne laat kyk, het my 'n ander perspektief gegee op so baie dinge.

    In jou swaarkry, beteken jy baie vir ander mense wat vir jou omgee!

    Baie liefde vir jou - en ook 'n dankie aan Leroy ...

    Klomp drukkies!
    Martha

    ReplyDelete