Tuesday, August 11, 2009

Bestraling 25 om 11:30 Dinsdag 11/08/09

Ek is aan die brand en ek bedoel dit nie op die wyse waarop ons na flinke en vlytige werkers verwys nie! Ek moes die naweek iets geëet het waarvan my derms nie gehou het nie, want hulle het gerebelleer vanaf Saterdagmiddag dwardeur twee nage heen tot Maandag toe. Nodeloos om te sê dat ek dus nie vars, vrolik en opgewek hier sit nie. Die lys van wat ek mag eet is veel korter as die lys wat ek nie mag eet nie en ongelukkig wil ek nie meer eet nie. Dis met die grootste moeite wat ek iets inforseer. AL wat my nou aan die gang hou is die gedagte dat die aanslae op my sagte weefsel en buik Vrydag einde gaan kry….

Ek het ook die besonderhede van my volgende sessie bestralings uitgeklaar. Daar gaan gelukkig net 3 bestralings wees en ek beoog om dit ook so gou moontlik verby te kry. My eerste tentatiewe afspraak is dus volgende Dinsdag…as my lyf dit kan hanteer. Sy beter, want ek het besluit hierdie mini-oorlog in my lyf moet nou net einde kry…ek is op, ek is klaar… ek is...

2 comments:

  1. ek is op, ek is klaar… ek is...

    ... ongelooflik dapper, en 'n wonderlike inspirasie - selfs vir mense wat jou nie ken nie (soos ek).

    ReplyDelete
  2. Het jou blog op Google raakgeloop.

    Ek hou styf duim vas vir jou. Sterkte, en hou nog net 'n klein bietjie uit....die aaklige behandelings is amper verby.

    Skryf al jou gevoelens neer....en nie noodwendig net hier nie.

    Dit help altyd.

    JCM.

    ReplyDelete