Friday, August 7, 2009

Bestraling 24 om 11:30 Vrydag 7/08/09

Dis langnaweek in Suid-Afrika...en ek en my man trek laer. Ons beplan niks, gaan nêrens heen nie en sal hopenlik albei elke dag bietjie beter voel. Ek het weer vir dr. Robbie gesien en nuwe pynmedikasie ontvang en daar is gelukkig 'n ekstra rusdag vir my uitgeputte derms. Die einde is in sig...ek het nog 'n week agter my...dankie Here!

1 comment:

  1. Liewe Elsabe,
    Jammer ons was so stil die week, maar daar het iets verkeerd gegaan met die username en password. Adriaan het dit gou reggemaak en nou het kan ek weer opvang met die week se gebeure.Dit is Sondag en Adriaan werk en gisteraand se gaste is terug geroep Mainland toe, so ek het 'n welkom afdag.
    Jy is bevoorreg om so 'n goeie verhouding met jou Ma te gehad het. In hierdie tyd sal jy krag kan trek uit julle tye saam en die voorbeeld wat sy vir jou gestel het.Jy moet by reactions iets soos inspererend of stem saam sit.
    Ons is so jammer dat die bestraling nou nie tot 'n einde kom soos jy gehoop het nie. Baie sterkte!
    Geniet die naweek saam met LeRoy en rus. Vader tyd is ook 'n wonderlike ding. Daar is 'n tyd vir elke ding.
    Eilandgroete
    A+E

    ReplyDelete