Monday, August 3, 2009

Bestraling 20 om 11:30 Maandag 3/08/09

“Countdown….nine, eight…!”

Ek moes die afgelope tyd by die werk gedurig hoor: “Jy lyk so goed!” Dit het my verbaas, want as ek in die spieël kyk, sien ek ‘n vreemdeling. Geen vernuwingsroompie wil die nuwe kepe langs my mond en tussen my oë versag nie. Ek lyk skielik, sommer oornag, vir myself my ouderdom.

Maar my naderende verjaarsdag motiveer my ook om te fokus op iets positiefs. Ek het besluit dat ek vanjaar my lewe, liefdes en vriendskappe op luisterryke wyse gaan vier - op kantoor, tuis, en by die gimnasium! My liewe man beplan ‘n spesiale vakansie vir my…ek sien oneindig uit daarna!

Ek moet aan iets goeds dink, want ek het pyn. Die maagkrampe en diaree het nie die naweek gewyk nie en twee weke se irritasie lê nog voor. Boonop is LeRoy vandag met longontsteking gediagnoseer. Ek hou hom al sedert gister met bekommerde en bang oë dop – bekommerd omdat ek hom opreg jammer kry en so min vir hom kan doen, maar bang omdat ek nie nou weer mag aansteek nie. Ons liewe huisdokter wat ons omstandighede ken, het sommer by voorbaat vir my ook medikasie voorgeskryf om moontlike aansteek te voorkom.

1 comment:

  1. Liewe Elsabe,
    Dit klink asof die elende blou in die blom is daar by julle. Ons harte gaan uit na julle. Moenie nou energie mors oor jou te bekommer oor hoe jy lyk nie. Beauty comes from inside. Die siekte kan jou uiterlike knou, maar jy hanteer jou siekte met waardigheid en dit is mooi en meer belangrik. Ons bid en dink aan julle.
    Eilandgroete
    A+E

    ReplyDelete