Wednesday, August 5, 2009

Bestraling 22 om 11:30 Woensdag 5/08/09

Slegte nuus..., maar gelukkig weens groot Genade is ek emosioneel rustig en ek het dit verbasend goed hanteer. En dit ten spyte van die feit dat ek ook vandag die eerste tekens van bloeding gewaar het, wat my glad nie opgewonde stem nie (dis tipiese tekens van inflammasie en irritasie van die derms).

Dr. Robbie se slegte nuus is dat ek ook inwendige bestraling moet ondergaan binne 2 weke.

Aangesien my kanker ondertoe versprei het en die bo-gedeelte van my vagina nie verwyder is nie, het dr. Snyman self geskakel en inwendige bestraling aanbeveel. Ek het so uitgesien om volgende Vrydag klaar te wees, maar volgens hom sal ek myself een week se grasie van rus en herstel moet gun, en die inwendige bestraling sal dan gedurende die week van 24 Augustus ‘n aanvang neem. Volgens dr. Robbie sal ek gelukkig minder newe-effekte ervaar, want die bestraling fokus op ‘n kleiner area. Ek het reeds ‘n afspraak met dr. Ingo de Meulenaere by Muelmed, want hierdie bestraling word net daar gedoen.

Die besef wat stadig insink, is een van erns. Hierdie is nie kinderspeletjies nie – dit is lewensbedreigend en hierdie is 'n geveg wat ek net moet wen!

2 comments:

  1. Baie sterkte - ek bid baie vir jou!

    Liefde
    huldah

    ReplyDelete
  2. Ai my hart gaan so uit na jou toe. Ek is so jammer om te hoor van jou
    slegte nuus. Woorde het 'n mens nie! 'n Glimlag (selfs 'n halwe) laat enige mens mooi lyk. Sterkte, Edith

    ReplyDelete