Monday, July 20, 2009

Bestraling 10 om 11:30 Maandag 20/07/09

Maandae is gewoonlik goeie dae weens die grasie van die naweek sonder bestraling. Vandag is ek terug werk toe – na 6 weke siekverlof. Ek sal elke dag kantoor toe en daarvandaan hospitaal toe gaan – gelukkig is Little Company so naby.

My liewe werkskollegas het my verwelkom met ‘n spesiale tee en ons het een van hulle se verjaarsdag ook saam gevier. Dit bly kosbaar dat hulle almal soveel meelewing en minsaamheid toon. Vandag het ons hele afdeling 2 vloere verskuif en ieder en elk het kom help om my goedjies te pak en te karwei. Baie, baie dankie julle! Ek lees onlangs die volgende aanhaling: “Shall we make a new rule of life from tonight: always try to be a little kinder than is necessary.” Ek dink dis ‘n uitstekende lewensmotto!

Die bestraling se effek op my lyf is onmiskenbaar en onvoorspelbaar, maar nietemin nog hanteerbaar!

2 comments:

  1. Liewe Elsabe,
    Iets in my se dit is onregverdig dat jy moet terug gaan werk toe terwyl jy nog bestraling kry, maar dalk is dit beter so. Dit lyk asof jou werkskollegas baie ondersteunend is en verandering van omgewing is dalk goed. Lei jou gedagtes bietjie af van die siekte en dit word "all in a days work". Jy klink baie positief en jy is al amper halfpad. Sterkte met die trek, want dit kan stresvol wees. Mooi dag!
    Eilandgroete
    A+E

    ReplyDelete
  2. Baie sterkte met die behandeling & die werk.

    En dankie vir jou positiewe benadering wat jy met ons almal deel. Dit is kosbaar.

    L

    ReplyDelete