Thursday, February 12, 2009

Ek het die monster gesien Donderdag 12/02/09

Verskoning vir die spelfoute in gister se post - ek is nie baie goed met my eie spelling nie - lees dit altyd mis. Skryf gewoonlik in Engels by die werk aangesien dit is language of business is en die spelchecker baie lekker werk. Nietemin. Ek het vandag die fotos van die chirurg gekry wat hy met sy Laparoskopiese kamera geneem het ten tyde van die operasie - kan sien hy is hoog bekwaam aan die hand van die fotos wat hy geneem het van die proses en die resultaat toe die monster losgemaak is.

Gewasse kan of kwaadaardig (Malignant) of nie kwaadaardig (Benign) wees. Laasgenoemde gewasse is gewoonlik rooi van die gesonde bloedtoevoer en lyk rooskleurig en groei mooi - van al daardie lekker bloed toevoer. Eersgenoemde is gewoonlik grys en lyk ongesond. Die monster was nog mooi rooi en gesond - dus geen teken van kwaadaadigheid nie. Ons het dit betyds laat uithaal voordat dit die grens oorsteek het. Die monster is egter gestuur vir patalogiese ontleding net om dubbel seker te maak. Die klein spikkeltjies op die lewer is verkalkte bloedaartjies - dit is glo geneties en sal dus seker ook by Madelein en Eugene ook voorkom. Geen teken van kwaadaardigheid hier nie. Dank Vader dat daardie beker verby gegaan het.

En daarmee is die goeie nuus nie verby nie, Elsabe is reeds uit die ICU geskuif na die normale sale. Sy het nog matig pyn, maar is al aan die herstel. Ook vang die nadraai van die narkose haar nog en is sy nog baie lomerig. So vir die vriende wat graag wil inloer - sy vra dat julle nog bietjie wag aangesien sy nog nie op haar beste voel nie. Het selfs nog nie eens kans gesien vir haar selfoon nie. Gelukkig het ons die Laparoskopiese prosedure laat doen anders was sy nou nog steeds in die ICU. Ek het tot op hede 'n rowwe koste vergelyking gedoen en die prosedure is R26 000.00 goedkoper as die soegenaamde goedkoper oop buik prosedure wat die mediese adviseurs by Key Health goedgekeur het. Ek as leek kan die voordele van die prosedure insien - mens vra jouself dan af - waar kry hulle, hul mediese adviseurs en wat maak hulle mediese adviseurs - dalk moet ek aansoek doen vir werk daar.

Groetnis tot more-aand. LeRoy (Tydelike Skriba)

Elsabé se inskrywing na die tyd:
Ek het nie weer teen die muur gelê nie en kon moeiliker die tyd in die Intensiewe afdeling dophou. Ek was baie dankbaar toe dr. Heyns inwals en my gesond genoeg verklaar om gewone saal toe te skuif! Die fisioterapeut se opdrag was kort en kragtig: “Sit in die stoel, moenie flou word nie en jy kan gaan!” My bloeddruk was baie laag en ek het baie swak en flou gevoel, maar die beweginglose pasiënte rondom my het my gemotiveer om te slaag in my nuwe doel. Ek het baie getrots gevoel toe ek dit regkry.

En toe stoot hulle my uit! Ds. Anton was my eerste besoeker met LeRoy kort op sy hakke – die keer met ’n pragtige rooi rose Valentynsruiker. Louette het vir my ’n kostelike grys teddiebeertjie gebring – met ’n gelapte pensie – nes ek! Die morfien het egter veroorsaak dat ek skaars my oë kon oophou en ek het kort-kort gedobber tussen die bewuste en die onderbewuste. Ek was bewus daarvan dat my bloeddruk uurliks geneem word, maar het hoofsaaklik geslaap en net wakker geword vir my helder vloeistowwe (ek kon egter hierdie keer net sap baasraak die hele dag lank).

Die aand tydens besoektyd met Eugene, Martli en my sus, het ek met toe oë gelê. Die geruis van hul stemme om my was vertroostend en LeRoy en Eugene het saggies my arms gestreel. Ek kon hul hoor en voel, maar het nie veel deelgeneem nie, maar dit was genoeg...

Sylvie en Winnie het my ’n behoorlike bedwas gegee laat die aand na besoektyd en ek het my gewillig oorgegee aan hulle hande – eers regs, dan links...eers regs, dan links....dan bed skoon oortrek...rol regs...rol links...Ek was weer opgekoppel aan binneaarse voeding in my linkersleutelbeen en die kateter aan my regterkant.

Ek het ongemaklik gelê, maar kon darem steeds lag vir tannie Mart se opmerkings oor die kos!

“Heer”, het ek gedink, “steeds in die holte van U hand...

1 comment:

  1. Hallo julle,
    Dit is baie goeie nuus dat Elsabe al so vinnig uit ICU is. Ons glo dat alles sommer gou terug na normaal sal wees en dit net 'n slegte ervaring sal wees in die verlede.
    As ek die ding reg verstaan sal dit die mediese fondse 'n fortuin kos as hulle vir die goedkoper Laparoskopiese prosedure betaal, want daar word dalk duisende op 'n dag gedoen. Hulle betaal eerder sou nou en dan vir die grote. Hulle maak ook staat op die feit dat mense verkies om vir die Laparoskopiese prosedure self te betaal as om deur die trauma van die groot operasie te gaan. Very crafty. Sterkte vir jou en groete vir Elsabe.
    A+E

    ReplyDelete