Tuesday, February 10, 2009

Medies weier magtiging Dinsdag 10/02/09

Liewe Here - die mediese fonds (KeyHealth) weier magtiging vir môre se operasie. Dit is verwys na hulle kliniese mediese komitee. Ek bel franties rond om dit uit te sorteer. Hulle sal egter slegs goedkeuring verleen vir 'n oop prosedure (wat die dokter nie wil doen nie, want die ligging is nie goed nie.) Die mediese fonds vra dat die operasie uitgestel word.

Ek sink...
sink...
sink...
sink...

Here, Here, Here!

5 comments:

  1. Pas self met die ????????? mediese fonds gepraat - mens kan nie glo 'n groot mediese fonds soos Key Health nie Laproskopiese prosedures goedkeur nie. Prosedures wat al 10 jaar in die land is en net tot voordeel van die pasient en medies kan wees - minder hersteltyd in die ICU en hospitaal. Wie maak die stiksienige besluite - het die mense net 2 donnerse breinselle en los hulle 3 daarvan elke dag by die huis. Gedink om water en ligte probleme by die stadsraad op te los is moeilik - hier loop jy jouself teen 'n muur van bulshit vas. LeRoy

    ReplyDelete
  2. Agge nee!! Wil nou sommer amper sê "dis belaglik". Sal steeds bly bid en glo - en ek glo alles sal uitwerk. Baie Sterkte! C

    ReplyDelete
  3. Ai tog! Dis genoeg om mens moedeloos te maak. Hou egter moed en die geloof. Daar het al baie wonderwerke die afgelope paar weke gebeur en die Here sal hierdie issue ook hanteer na Sy wil. Ek bid vir julle.

    ReplyDelete
  4. Ai.. dit ook nog!
    Ons glo daar is 'n rede voor?
    Sterkte girl!

    ReplyDelete
  5. Wat nog!

    Asof die hele 2 weke nie genoeg stres op jou geplaas het nie!

    Ons is op ons kniee vir jou en glo dat alles sal uitwerk omdat Hy in beheer is.

    Liefnis. L

    ReplyDelete