Friday, February 20, 2009

‘n Hondelewe! Vrydag 20/02/09

In die verlede voor ek werk toe gegaan het, het ek die honde gegroet en hulle vertel hoe bevoorreg hulle is om die hele dag hier by die huis rond te lê!

Deesdae maak ek ‘n goeie hond uit! Ons gewoontes is baie dieselfde:
  • Ons lê saam op die stoep rond;
  • Ons hou die voëls en akkedissies dop en skrik vir die Hadidas wat so lawaai;
  • Nou en dan staan ons op om water te drink of bietjie te eet;
  • Ons storm hek toe as ons ’n toetery of besoekers daar hoor;
  • Ons ontvang elke besoeker met vreugde (ek het net nie 'n stert om te swaai nie!);
  • Ons verlustig ons hartstogtelik aan elke bederfie.

Ek kan dus met vreugde getuig – dis lekker om ’n hond te wees en nie nou aan die “rat race” deel te neem nie!

Bybelvers van die dag: "Die gebed van 'n gelowige het 'n kragtige uitwerking" Jakobus 5:16.

1 comment:

  1. Hallo Elsabe,
    Jy klink sommer stukke beter. 'n Mens kan gou gewoond raak aan die hondelewe. Geniet dit en maak die beste van elke oomblik. Die son skyn heerlik hier vandag en ons sien die eerste tekens van die lente. Ons raak nie te gou te opgewonde nie, maar besef dit is 'n voorreg om in Februarie al jou oggend tee op die stoep te kan drink. Dalk kan ons net voordeel trek uit global warming. Ons hoop om more SA kerk toe te gaan in Guildford en dan stop ons by Frikkie hulle vir middagete in Portsmouth. Ek moet nou die Peppermint Crisp tert gaan maak. Kan jy al opgewonde raak oor die gedagte aan 'n soetigheid?
    Eilandgroete
    A+E

    ReplyDelete