Monday, June 8, 2009

Steeds aan die beter word Maandag 8/06/09

Kom so pas terug van die Baas af. Alles gaan goed en sy is vinnig besig om te herstel. Die lewe en "sparkle" is weer terug in die oe. Verskoon tog die aanhaling - kon nie aan 'n gepaste Afrikaanse woord dink nie. Ek was vanoggend redelik vroeg daar - gou gaan help met die Bad en dies meer. Deel van die besoek wat ek natuurlik baie geniet - maar kan nie te veel daarop ingaan nie. Die Baas gaan die nog seker een of ander tyd deurgaan.

Terwyl ek vanaand daar was, het die Prof Louis Snyman (Operasie gedoen het) ook ingeloer. Hy is baie beindruk en tevrede met haar vordering en herstel. Sy kom Woensdag huistoe. So van dan af gaan ek meerendeels van die huis af werk om haar in die aanvanklike hersteltyd by te staan.

Die weefsel wat verwyder is, is gestuur vir patalogiese ontleding. So ons wag nou vir die uitslae, wat enige dag na donderdag bekend sal wees. So al het die hy geen ooglopende tekens van kanker in die bekken en algemene operasiearea gesien nie, beteken dit nie dat ons geheel oor die hond se stert is nie. Alhoewel hy in Onkologiese Ginekoloog is - kan mens seker aanvaar hy weet waarvoor om te kyk en hoe om dit te kan identifiseer. So vir myself - glo ek hom tot anders bewys.

Vir eers genoeg vir nou. Het werk om te doen. Sal weer more-aand terugvoer gee. Liefde en Groete aan almal wat Elsabe so mildelik met julle oproepe, sms en kommentaar ondersteun.

Tydelike Skriba. LeRoy

2 comments:

  1. LeRoy, jy is 'n goeie man, maar give the girl a brake, sy het major chirurgie gehad!!!! :)Ons verstaan. Adriaan se altyd as hy nie meer kyk nie, dan moet ek bekommerd raak.Alles is goeie nuus en ons sien uit na haar weergawe van events. Groete vir Elsabe en ons voel bevoorreg om so saam met julle alles te beleef. In die Gees is ons daar.
    Eilandgroete
    A+E

    ReplyDelete
  2. Ek is bly om te hoor dit gaan goed hier uit Milan en vertrou jy is op die pad na herstel.

    Liefde

    Monica

    ReplyDelete