Sunday, June 7, 2009

Herstel Sondag 7/06/09

Die mens se liggaam, sy vermoe om trauma te beleef, absorbeer en verby dit te beweeg is darem merkwaardig. Gister was Elsabe in geweldige pyn, soos mens kan verstaan - dit is nie net 'n uitwendige sny nie maar ook groot inwendige sny en verwyder van weefsel. Die impak daarvan op die liggaam is geweldig groot en ek kon dit ook gister baie duidelik sien. Die pynpomp (Pyn Medikasie) het haar gehelp om die pyn te hanteer en deur die ergste van gister te kom.

Toe ek laasnag daar weg is was sy hoogs onder die invloed van die medikasie en het soos gese, meerendeels geslaap. Gegewe die agtergrond het ek eers vanoggend by die Kerk gehelp om die kospakkies vir Claremont/Danville projek in die trokkie te laai, waarna ek met die Gemeentefees se reelings gehelp het. Vas oortuig dat Elsabe nog diep slaap en ek haar nie te vroeg wou pla nie.

Groot was my verbasing toe ek teen 13:00 by die hospitaal aankom, reeds in die moeilikheid, omdat ek nog nie daar was nie, om te sien dat sy reeds regop in die bed is, die kateder en drip en die pynpomp reeds verwyder was. Die pynmedikasie word nou oraal toegedien en is op aanvraag - so net as sy daarvoor vra. Sy is nogsteeds in baie pyn, maar dit is meer hanteerbaar as gister.

Wyl ek daar was het sy reeds die eerste keer gebad. Ek is beindruk met haar vinnige herstel en verwag dat sy seker net tot Dinsdag in die hospitaal sal bly - sal maar moet sien wat die Dr se. Vir diegene wat vandag gebel, en gesms het - baie dankie - ek het julle boodskappe van sterkte en voorspoed aan Elsabe oorgedra. Ek aanvaar sy sal elk bedank sodra sy weer op die been is.

Groete. Tydelike Skriba. LeRoy

2 comments:

  1. Ag ek is so bly dat sy so mooi herstel en sien uit daarna om haar weer op die been te sien. Stuur vir haar al ons liefde en laat weet as sy sterk genoeg is vir 'n kort besoek....Andre

    ReplyDelete
  2. Ons is so bly dat dit sommer so gou al soveel beter gaan. LeRoy, jy sou nie wou gehad het dat Elsabe in Kalafong geopereer word nie. Daar oefen hulle nog om die laparoskopiese prosedure te doen :)Ons moet glo dat alles met 'n rede gebeur. Baie sterkte en groete vir Elsabe. Dankie dat jy ons op hoogte hou van haar vordering.
    Eilandgroete
    A+E

    ReplyDelete