Friday, June 12, 2009

Geduld, O geduld! Vrydagmiddag 12/06/09

Dr. Snyman is baie beïndruk met my vordering en sê dat hy my juis so gou ontslaan het omdat ek so vinnig op die been was en die hospitaalgange bewandel het. Dit is môre eers 'n week gelede wat ek geopereer is en my steke en kramme is reeds uit en ek drink geen pynmedikasie meer nie. Hy sê vir so 'n klein vroutjie is ek besonder sterk. Wat is die spreekwoord...klein botteltjies, groot gif, of hoe? ;-)

Ongelukkkig is die resultate van my limfnodes nog nie beskikbaar nie. Daar is tussen 20 en 30 verwyder en hul word individueel ontleed en selfs dwarssnitte van hulle gemaak en ek sal langer geduldig moet wees tot Woensdag toe. Ek lees vanoggend in Beeld dat oud-lt.kol. Wynand du Toit sê dat die grootste les van sy lewe geduld was - "’n Mens moet konsentreer op die goeie van die lewe en lesse leer uit die slegte."

Goeie raad en wyse woorde en ek sal dit ook moet volg.

3 comments:

  1. Hallo Elsabe,
    Jy doen regtig baie goed. Gesond eet en oefeninge kan dalk nie al die siektes voorkom nie, maar dit is verseker hoekom jy so gou herstel. Keep up the good work!
    Eilandgroete
    A+E

    ReplyDelete
  2. Bly om te hoor dit gaan goed en ek hou styf duim vas die uitslag is goed. Die konferensie was goed. Verskillende mense (eintlik mans) het oor jou navraag gedoen en stuur groete en beterskapswense en hoop hulle sien jou volgende jaar in Helsinki. Monica

    ReplyDelete
  3. Lees Joyce Meyer sê dat geduld 'n vrug van die Gees is wat net deur beproewing ontwikkel word. Lees Jakobus 1:4. Liefde, Louette

    ReplyDelete