Thursday, June 11, 2009

Siekte en finansies Donderdag 11/06/09

Laat ek my boosheid wegskryf, want ek dink nie dis goed vir my nie! Ek het vanoggend reeds twee oproepe en 'n epos ontvang oor verskillende mediese rekenings - sommiges nuut en ander nog oor vroeër se eskapades (hoekom kontak hulle my nou eers?) wat deur die mediese fonds (Keyhealth) terugverwys is. Ek moes tot hoor dat my eerste (en enigste) afspraak met dr. Snyman nie betaal gaan word nie, aangesien ek nie vooraf magtiging vir die sonar gekry het nie. Dit was my eerste ondersoek nadat ek gehoor het van die endometrium kanker en onder omstandighede sekerlik geregverdig?

Om te siek te wees is vandag 'n duur affêre. Ek voel persoonlik besonder in die steek gelaat deur ons mediese fonds en kan nie wag om van fonds te verander nie. Maar daarvoor sal ek gesond moet wees en môre se uitslag in my guns moet wees. Ek wil nie langer 'n gesondheidspad met hulle stap nie...

Verder gaan dit goed - ek slaap net baie sleg. In die dag is daar baie dinge (en liewe mense) wat my aandag van my lyf aflei, maar die donker stilte in die aande is nog nie my vriend nie. Ek het 'n lastige hoesie ontwikkel en hoes en maagsjirurgie rym ook nie! Die ongewoon snerpende koue hou my dus stil gevange in my warm kamer en bed - baie ongewoon vir my.

3 comments:

  1. Hi Daar! SO bly jy's by d huis & aan d herstel. En ek hoop voorwaar hierdi efonds v julle word darem iewers langs d pad wakker - julle het dit nou sowaar nie ok nodig nie. Sterkte v jou! En bly maar in daai warm bed. Gelukkig is d weer darem bietjie beter v'dag! L'e Stel

    ReplyDelete
  2. Hallo Elsabe,
    Ons gaan bid en styf duim vashou dat more se uitlag positief sal wees. Wanneer 'n mens siek is, is die laaste ding waaroor jy jou wil bekommer finansies. Is daar iets soos 'n goeie mediese fonds? Omdat almal siek raak is dit seker die beste mark om in te bele. Om die belans reg te kry is baie moeilik.Ons sien in die nuus hulle wil daar by julle ook 'n NHS instel. Ek vind gebed 'n goeie slaappil. In die nag lyk alles ook mos erger. Dan begin ek en die Here gesels. Sommer oor alles en nog wat. Gee jou maag en jou blaas al hulle samewerking? Onthou om te rus .
    Eilandgroete
    A+E

    ReplyDelete
  3. Ja - het ook die onstellende nuus gelees - net nog 'n manier om die standaarde en speelveld gelyk te stel en te verseker dat almal dieselfde swak standaard mediese dienste moet beleef. LeRoy

    ReplyDelete