Monday, February 2, 2009

Wees sterk! Wees sterk! Dinsdagoggend 3/02/09


Hierdie foto is 15 Julie 2008 geneem met LeRoy se verjaarsdag

Ek is elke oggend baie vroeg wakker - dis asof iemand net 'n knoppie in my kop druk en al die liggies aangaan. Dan kom sit ek hier en skryf alles uit my uit!

Leone het gister my Bybelvers van die dag vir my gegee: Daniël 10:19: "Moenie bang wees nie, jy vir wie God liefhet! Dit sal goed gaan met jou. Wees sterk! Wees sterk!" (Dankie Leone!)

Hierdie vers spreek besonder tot my. Jare gelede toe ek weens my egskeiding stukkend in my liefste ma se arms huil het sy vir my gesê: "Jy sal hierdeur kom - jy is sterker as wat jy dink!" en Mari sms gister vir my "Jy't di courage van 'n blouwildebees wat deur 'n rivier trek!" Maar die waarheid is dat ek fisies baie swak voel en daar spoel soms 'n brander van moegheid oor my wat maak dat ek nie krag het om 'n vinger te roer nie. En my emosies is 'n simfonie-orkes! Soms is die fyn driehoekies, klokkies of die soete vioolmusiek hoorbaar, maar daar is kere wat die trompette, dromme en simbale die simfonie oordonder!

Op 'n ligter trant - waar kan ek 'n towerstaffie kry? Hier is 'n paar goedjies wat weggetoor moet word en as julle nie vir my een kan kry nie, sal oogklappe die ding moet doen - vir my en julle asseblief! Hoekom het ek dit nodig, vra jy? My towerstaffie moet elke dag asseblief:

  • die wolkinders se (bruin) bolle wegtoor wat soms reg langs die tuinpaadjie lê;

  • die mat/handdoek/kombers wat Nikita so lief is om in die oprit te los (nes 'n stout kind wat nooit haar kamer opruim nie) te laat verdwyn;

  • die berg skottelgoed wat in die studeerkamer (of soos wat LeRoy dit noem, die "Call Center" want hy, ek, Eugene en Martli sit hier) groei tot Mount Everest laat verdamp;

  • die krummels op die kombuiskas en stoof, oorskietkos, papiersakkies en wegneem-kosbakkies en al die ander gemors denkbaar wat orals in die kombuis neergesit word, wegtoor;

  • om van die vuil potte en panne nie eers te praat nie!

So, my liewe vriend/vriendin, indien jy kom kuier en jy nie die towerstaffie opgespoor het nie, sit asseblief jou oogklappe aan! Want my krag is min en ek het besluit dat ek dit NIE nou op een van hierdie aktiwiteite gaan vermors nie.

My mikpunt van die dag: oplees, oplees, oplees en om jou sover te kry om jou kommentaar hier te laat. Maak my dag en laat 'n Comment - ek geniet die nuwe blog-speelding vreeslik!

12 comments:

  1. This comment has been removed by the author.

    ReplyDelete
  2. More Els. Dit is nou my derde poging, maar ek dink ek het nou die proses baasgeraak om 'n boodskap te los. Ek is baie bly om te hoor dat die "monster" net lelik, maar nie gevaarlik is nie. Dink aan jou en LeRoy vir vanmiddag se besoek aan die Dr. en glo dat alles ten goede sal verloop. Mooi dag. (ps. ek hoop jy vind die towerstaffie. Skimp by die kinders!)

    ReplyDelete
  3. Elsabe,

    Ek is ook uiteindeli 'n follower. 'n Wonderlike manier om kontak met mekaar te hou sonder om jou energie onnodig te tap.

    Ek bring later die musiekmaker en die CD. Dis kos vir jou siel en sal jou ook naby aan Hom laat voel.

    Liefnis.

    ReplyDelete
  4. Dierbare Elsabe, Jy moenie daai goedjies wegtoor nie, kyk net anders na hulle. Jou wolkinders het hare, laat hulle dit verloor waar hulle wil. Die wind kan dit versprei (of nie). Die skottelgoed is 'n teken daar was geeet en jy hoef nie sleg te voel dat iemand honger is nie. Die krummels en skottelgoed is die teken dat daar in daai kombuis geleef word. Nie een van ons wat vir jou lief is sal ooit 'n oog oor enige van daai goed knip nie.
    Sterkte vir vandag. Liefde Ina

    ReplyDelete
  5. Hallo Elsabe Ek het 'n idee waar jy bly maar weet nie presies nie. As jy my kan laat weet waar jy bly, sal ek baie graag ten minste 'n deel van die towerstaffie wil wees. Ek het dit ookal 'n paar keer in my lewe nodig gehad en weet hoe jy voel. Ons dink aan jou en laat weet. Minari

    ReplyDelete
  6. Sterk staan my maat en vergeet van die alledaagse dinge, dit is nie goed wat nou saak maak nie. Jy moet nou sterk word voor die operasie, wees sag op jouself.

    My bede is dat die Here jou in 'n sagte wol kombers sal toevou en beskerm.

    Sterkte vir vanmiddag

    ReplyDelete
  7. Hi Elsabe

    Deur ons gemeenskapklike belang in motorfietse het ons keniis geneem van jou omstandighede. Deur hiedie medium is dit vir ons ‘n voorreg om vir jou te kan sê dat jy hierdie weg nooit alleen sal bewandel nie. Buiten die een ry spore wanneer HY jou dra, is daar vele van ons “minder bekendes” uit die motorfiestsgemeenskap wat jou in gebed opdra. Ons vetrou dat die Groot Reguleurder ook vanmiddag se afspraak sal bestuur.

    Ons is maar al te wel bewus wat se stremming ‘n gesondheidsprobleem van die gesinspilaar op ander familielede te weeg bring.........ons sal hulle ook nie vergeet nie

    Sterkte

    J &

    ReplyDelete
  8. Hallo Elsabe,
    Ek stem saam met al die ander. Jy steur jou aan niks. Spaar jou kragte. As daar nie meer skoon koppies is nie sal iemand dit gaan was. Dit is wit gesneeu hier op die eiland, soos ek dit in 11 jaar nie gesien het nie. Alles kom tot stilstand en daarom sal ek spesiaal vanmiddag aan julle dink by die Dr, want ek gaan nerens in die weer nie. Die son steek so nou en dan sy kop uit en dan is dit prentjie mooi. Het vir my ma jou blog geemail. Dalk hoor jy van haar.Mooi dag en sterkte vir julle altwee.

    ReplyDelete
  9. Hallo Elsabe
    Ek het al 'n paar keer om 'n boodskappie vir jou te stuur, maar dit lyk nie vir my of dit "werk" nie. So, ek probeer weer 'n keer.
    Eintlik wil ek sommer net vir jou sê dat ek baie aan julle dink en vir julle bid. Mag julle in hierdie tyd so bewus wees van Ons Vader se liefde, onderskraging en nabyheid, dat hierdie tyd 'n spesiale tyd van geestelike verryking sal word. Baie sterkte vir vanmiddag se besoek.
    Wilna

    ReplyDelete
  10. Hello Elsabe

    Myself and Dorothy only heard about your illness yesterday and your blog made such interesting reading!! Read through it in one sitting. Thought I had 'lost' my Afrikaans reading ability over the years but clearly haven't.

    Your strength is amazing and I am sure that Leroy is a pillar of strength for you at this time. Carry on being strong and remember that you are in our thoughts (and that of many others) and that this 'inconvenience' passes quickly and you make a full recovery.
    Dave & Dorothy

    ReplyDelete
  11. Elsabe.. watter krag lê daar nie in die oggendstond nie!
    Jou lewensuitkyk en benadering tov jou siekte is verstommend en 'n absolute motivering. Sterkte met die opleeswerk - Jy besef duidelik "Kennis is mag!"
    O ja - Ek steel die pragtige foto van jou en jou Liefie vir die Spoke & Piston?

    ReplyDelete
  12. Hallo Elsabe,
    Almal wat kom kuier kan hulle eie koppies was as hulle klaar gedrink het. Die lekkerste kuiers vind in elk geval plaas in die kombuis. Papier borde binne-in 'n gewone bord werk ook goed. Eenpot geregte (lees konkoksies) bespaar baie skottelgoed. Liefde Julene

    ReplyDelete